Skip to main content

Full text of "Die Hervormer: 15 Mei 1931"

See other formats




HOOFREDAKTEUR : 


Prof. Dr. $. P. ENGELBRECHT, 


164, Lisdogan Laan, 
Pretoria. 





Administrateur van die Kerk: 
-“die Heer J. H. JANSON, 
Bus 1219, Pretoria. 


ZIDE HERVORM 


@ffisieel Orgaan van die Hed 
etvormoe kerk van Afrika, ! Ps 





RrS 


INTEKENPRYS: 
7/6 Per jaargang vooruitbetaalbaar.' ` 


Verskyn op die 1ste en 15de 
van ieder maand. 
Intekeningsgelde te stuur aan: 
firma J. H. DE BUSSY, 
Bus 460, Pretoria. 





No. 22: 





PRETORIA, 15 Mei 1931. 





Jaargang XXII. 
TN ETER ID 
i jormer 291 Die komende Algemene Kerkvergadering 298 
ER id ed hd EE Eed 999 Kerrespondensië,. Ao Ee N ek KA E  POO 
Re ee N OD 292 Verborge Opstand 802 
@yerdenking Mu Oo Mel EES RE 207 





PRETORIA, 15 Mei 1931. 


Die Sinode van die Ned. Hervormde of Gerefor- 
meerde Kerk. 


In die afgelope maand het die Sinode van die 
Ned. Herv. of Geref. Kerk weer sy drie-jaarlikse sit- 
ting gehou. Nie sonder spanning het ons dit tege- 
moet gesien nie, en onself afgevra, wat sal die Sinode 
bring in verband met die verhouding tot onse kerk, 
want in die jare 1922, 1925 en 1928 is telkens wooT- 
de gehoor, wat nie tot 'n betere verstandhouding ge- 
werk het nie, wat dan ook veroorsaak het, dat die 
 Voortreffelike gebruik, wat in 1916 in swang gekom 
het tussen die Sinode van genoemde Kerk en onse 
Algemene Kerkvergadering, om Oor en weer afge- 
vaardigdes te stuur om aan mekaar die wedersydse 
groete te bring, opgehou het om te bestaan. Dog 
hoe beskamend het ons nie uitgekom nie! Sover ons 
uit die koerante verslae kon opmaak was daar nie 
die minste sweem van onvriendelikheid teenoor oms 
nie, en by die opening van die Sinodale-saal was 


F 





onse Kerk verteenwoordig in onse hooggeagte voor- 
sitter, Ds. L. E. Brandt, en later het Ds. Brandt nog 
weer saam met Ds. Oosthuizen die groete van onse 
kerk gaan oorbring. Ons verheug ons ten seerste 
hieroor. Waar ons naas mekaar staan behoef daar 
nie `n gees van onvriendelikheid te wees nie. Die 
bekwame leiding van die ook deur ons hooggeagte 
Moderator, Ds. Paul Nel van Ermelo, het ongetwyfel 
veel tot hierdie goeie verstandhouding bygedra. Ons 
is daar dankbaar voor, en hoop dat die afgelope 
Sinode tot grote seën vir die susterkerk mag strek. 
Ons is daar oortuig van, dat'daar op die Algemene 
Kerkvergadering van onse kerk, wat in hierdie maand 
samekom, `n nie minder vriendelike gees sal heers 
teën oor. die susterkerke. Op aarde is ons geskei 
en gedeel, God het dit so gewil, maar te midde van 
al die aardse veelvuldigheid lê daar `n hoëre eenheid, 
'n eenheid in Kristus, wie nie gedeeld is nie; Hy is 
vir ons gekruisig, en in Sy naam is ons gedoop. 
leder kerk het 'n eie fondament, maar die fonda- 
mente rus weer op die deur God self gelegde fonda- 
ment, waarvan Jesus Kristus die uiterste hoeksteen 
is. Ons hoop van harte, dat daar `n betere gees mag 
kom tussen die verskillende Hollandse kerke in Suid- 
Afrika. Maar daar is twee dinge, waar Ons voor 
moet oppas, want dit sal telkens en telkens weer die 
goeie verhouding verstoor: Ons moet nie gaan praat 
van kerkvereniging nie, en ons moet ook nie oor 
mekaar wil gaan heers nie. 


292 eed DIE HERVORMER. 


15 Mei 1931. 





Aan ons Medewerkers. 
Deur gebrek van plaasruimte moes daar weer 
verskillende stukke oorstaan, waaronder ook weer 


ten twedemale die stuk oor onse openbare godsdiens-. 
oefeninge. Ook wil ons meedeel, dat die korrespon-: 


densie oor vrouestemreg met hierdie uitgawe gesluit 


word. 
————SB— 


OFFISIEËL. 


EEN KLEINIGHEID. 


Als gevolg van de treurige toestand op financieel 
en handelsgebied zijn wij verplicht een klein briefje 
te schrijven aan onze vrienden, die ook de vrienden 
van ons Weeshuis zijn. 

Het spreekt vanzelf, dat bij gebrek aan geld en 
goed bij onze vrienden, ons Weeshuis ook moeielijke 
dagen heeft. Wij kunnen evenwel niet onze kinders 
Z00 maar in gebrek aan allerlei dingen laten en daar- 
om schrijf ik even een klein briefje. 

Wij hebben gebrek aan witte mielies, zeep, pom- 
poenen, kafferkoorn en droge bonen. Daar de oogst 
van den zZomer nu inkomt, vraag ik, dat velen van 
onze vrienden van die dingen ons wat zenden. Veel 
is er niet, maar velen van onze vrienden zullen wel 
zZulke goederen kunnen geven. Wij hopen, dat wie 
het kunnen geven, wat zij willen geven, per trein als 
't noodig is aan het onderstaand adres zenden: 

Ds. S. ]. Strijdom — Huisvader van het Weeshuis 
der Nederduitsch Hervormde Kerk, Marktstraat No. 
78, te Krugersdorp. 

Wie geeft, aan hem zal ook gegeven worden. 

J. v. Belkum. 


Piet Retief. 
Ontvang met dank per L. Mostert van die gemeente 
Volksrust: £2.3.0. 
Deur die bydraes van verskillende gemeentes gaan 
Piet Retief goed vooruit. 
Joh. Dreyer, 
Skriba, Ring van Lydenburg. 


Rerkelike 


Deriebtfen—.. 





Beroep aangeneem. 
Ds. E. $. Mulder van Zwartruggens het die beroep na 
die gemeente Erasmus aangeneem. 


Vereeniging. 

Die gemeente het weer die voorreg gehad om hulle 
konsulent Ds. Grobler in sy midde te hê met die nagmaals- 
viering van 4—5 April. Sy Eerwaarde het al Vrydag oor- 


gekom vir die aanneming en is daar 238 jongedogters en 
seuns aangeneem. Saterdag om 11 uur is daar kerkraads- 


vergadering gehou en ook 'n egpaar in die huwelik be- 


vestig. 
` Daar is weer nuwe kerkraadslede voorgestel en is die 


bevestiging van 'n predikant bespreek. 


Die middagdiens is deur sy Eerw. voor `n taamlike 
opkoms gehou en na die diéëns is die gemeentevergadering 
gehou en is die volgende kerkraadslede gekies en herkies 
nml.: Ouderlinge: J. P. Cronje, Wh. Pretorius, J. P. Baden- 
horst, S. D. Jacobs, Alwyn Smit; Diakens: Greyling, S. D. 
Pretorius, Jan Muller, P. Diedricks, S. Carmel, (Corn. 
Brink, W. Zeelie. 

Die beroep van `n predikant word nou voorgelê en 
word dit degelik bespreek en tot stemme gebreng. Die 
meerderheid (64) is daar teen om nou al `n beroep uit te 
breng daar die depressie nog steeds heers en die finansiële 
posisie nie te gunstig is op die platteland en geen behoor- 
like pastorie bestaan. Die dorp voel behoefte aan 'n leraar, 
en dit is te hope dat gevoelens met volgende nagmaal ten 
gunste van `n predikant sal wees. 

Sondagmêre het sy Eerw. voor 'n propvolle kerk sy 
dienste begin en was sy teks oor Luk. 2, 40. Sy Eerw. wys 
op herinneringe in onse kinderjare wat ons nooit vergeet 
en steeds weer terug keer in ons latere lewe. Daar is 
5 nagmaalstafels deur sy Eerw. bedien en het sy Eerw. 
'n ernstig woordjie tot die nuwe lidmate gerig. Halfdrie 
die middag is die dienste weer voortgesit en is daar 18 
kindertjies gedoop. Sy Eerw. het uit 2 Sam. 18 vers 83 ge- 
preek en was sy preke weer so boeiend en leersaam as die 
oggenddiens. Daar was taamlik veel waens in van buite 
en was die aanddiens dan ook goed bygewoon. So het ons 
dan ook `n suksesvolle nagmaalsviering gehad en mag 
die seën en vrugte van die preke sy stempel nalaat op 
hierdie gemeente. 

Onse finansiële posisie is ook deur die grote opkoms 
verbeter sodat ons van onse algemene fondse kon afbe- 
taal. 

Mag onse volgende Nagmaalsviering dan ook so suk- 
sesvol wees, sodat onse kerkskulde almal kan betaal word. 

Ons volgende nagmaalsviering sal die eerste Sondag 
in Julie wees. 


G. v. W., Skriba. 


Ds. en Mevr. $. |. Strydom. 


'n Smartelik verlies het Ds. en Mevrou Strydom, die 
huisvader en huismoeder van die Weeshuis te Krugers- 
dorp, getref, deurdat hulle enigste kind, `n meisie van nege 
jaar, deur die dood weggeneem is. Ons voel met hulle in 
hierdie groot smart, en onse bede is, dat hulle in hierdie 
groot lydensvuur die nabyheid van Gods liefde mag on- 
dervind, en Gods troos mag deelagtig wees. 


Dr. |. |. Strydom. 


Dr. J. J. Strydom en sy vrou het op Maandag, 11 Mei, 
veilig in Pretoria aangekom uit Holland. Ons roep hulle 
'n hartelike welkom toe. 


Ds. E. $. Mulder. 


Ds. E. $. Mulder is op 18 Mei in die huwelik bevestig 
met Mejuffrou Bessie Schutte. Onse hartelike gelukwense 
en heilbede vergesel hulle. 











15 Mei 1931. 


Ds. A. |. Barger. 

Sondag, 17 Mei: Diens in die afdeling van oud. J. de 
Kok (gemeente Middelburg). 

Sondag, 24 Mei: Algemene Vergadering. 

Sondag, 31 Mei: Doop Sondag te Witbank in die nam. 
diens te Brugspruit. 

Sondag, 7 Junie: Doop Sondag te Middelburg. 

Sondag, 14 Junie: Diens in die afdeling van oud. B.J. 
Viljoen (gemeente Witbank). 

Sondag, 21 Junie: Nagmaal te Nebo. 

Sondag, 28 Junie: Doop Sondag te Witbank. 


Brits. 

Onse volgende Nagmaal sal D.V. gevier word op die 
3e Sondag van Junie 1931. Al die dienste sal waargeneem 
word deur Ds. $. Vermooten, ons eerste konsulent. 

Dan, met die oog op mogelik vertraging sou ik graag 
sien, dat almal wat dit mag aangaan, kennis neem van die 
verandering van ons kassier en skriba, broeder vd. 
Berg, P.K. Brits, is nou kassier en ondergetekende Skriba 
vir die Kerkraad. 

A. D. W. Wolmarans. 


Lichtenburg. 

Die gemeente Lichtenburg het op 11 en 12 April weer 
die voorreg gehad om haar gewone Nagmaal te vier, onder 
leiding van Ds. Mulder van Zwartruggens. Die opkoms 
was goed. Deurdat dit verskrikkelik gereën het was daar 
maar 17 waens, maar tog was die kerkgebou Sondag te 
klein. Die gemeente het met aandag naar die preke ge- 
luister; daar is 7 tafels bedien, 22 jongelidmate aange- 
neem, 15 kinders is gedoop en 8 het oorgekom met attes- 
tate, en verder is daar 'n heel aantal kerkraadslede gekies. 
Dit is net jammer, dat die meerderheid van die kerkraad 
gestem het, om geen afgevaardigdes na die Algemene 
Kerkvergadering te stuur nie. Hoewel ons op finansieel 
gebied baie agter is is dit tog nodig dat ons op die Ver- 
gadering verteenwoordig moet wees. Ons hoop op alle 
seën op die kerkviering, en dat dit nie die laaste maal 
sal wees nie, dat Ds. Mulder in ons midde sal wees. 

C. L. Engelbrecht. 


Louis Trichardt. 


Ons het weer nagmaal gevier op 4 en 5 April. Daar 
was so te sê geen waens op die kerkplein, hoewel die kerk- 
gebou tog met elke diens vol was. `n Klein basaartjie was 
ook gehou, wat nogal goed gedoen het. Daar was met die 
geleentheid twaalf nuwe lidmate voorgestel en ses kin- 
ders is gedoop. 

Die dienste was taamlik indrukkwekkend, en as dit 
so moet aanhou vrees ons dat ons later seker 'n groter 
kerk sal moet bou. 

Een van die preke wat ons konsulent Ds. Jac. v. d. 
Berg gelewer het was omtrent die Onderdompeling van 
die Apostoliese sektes. Hier in ons dorp neem so iets 
taamlik toe, en ons voel nou groteliks gewapen teen hier- 
die sekte. Dit het so pragtig uit gekom dat daar in die 
bybel nie beskryf word hoedat die onderdompeling geskied 
nie, maar wel wat gebeure het voor of na die indompeling. 
Lees maar net die volgende tekste: Kollesense 2:12; Ro- 
meine 6:4; Hand. 8:88. 

Ten twede is dit duidelik geword, dat die doop droog 
geskied het, want beide daal af in die water, sodat beide 





DIE HERVORMER. 203 


Me EE EE EE EE EE EE 





die doop moet ontvang, dit wil sê die priester moet elke 
keer wanneer hy `n ander doop ook gedoop word. Verder 
word ook duidelik gemaak dat doop beteken besprenging. 

Ons bedank ons konsulent Ds. Jac. v. d. Berg van 
harte vir hierdie inligtinge. Mog ons meer kennis opdoen 
in verband met sulke dinge aangaande ons geloof. 

Wat nou nog meer ons aandag getrek het is dat na 
hierdie preek daar ook 'n broeder werklik moes belydenis 
aflê, wat onder die Apostoliese sektes geval het, en nou 
weer terugkeer. 

F. W. C. Labuschagne. 


Zeerust. 


Op 4 en 5 April had die gemeente weer die voorreg 
Nagmaal te vier, onder leiding van Ds. Daniël F. Eras- 
mus van Ventersdorp. Nieteenstaande die drogte en 
sware tye was die opkoms van die gemeente taamlik. Die 
besielende preke van die leraar was boeiend en leersaam, 
waarvoor ons hom hartelik dank. Die volgende broeders 
is in hun amb bevestig: 

Ouderling B.B. J. A. Oosthuizen; Diaken, B.B.: M. W. 
Pretorius, L. J. Erasmus, G. P. Liebenberg, B. H. Swart en 
PR. Goetzee. 

Die heilige doop is aan 18 kindertjies bedien en 44 
jonge lidmate is aan die gemeente toegevoeg, en 5 Nag- 
maalstafels is bedien. 

Onse eerskomende Nagmaal is bepaald so die Here 
wil op die 1ste Sondag in Julie. 

A. S. Pretorius, 


Krugersdorp. 


Op 11 en 12 April was die nagmaalsviering van die 
Krugersdorp gemeente. Dit was `n geseënde nagmaals- 
viering. Die gemeentelede het goed opgekom sodat daar 
viral Sondag verbasend veel mense was. Die Kerkge- 
bou was dan ook oorvol gewees met elke diens. Wat 'n 
verblydende teken was, is dat soveel gemeentelede die nag- 
maal gebruik het. Daar was 6 groot tafels waaraan ruim 
450 mans en vrouens aangesit het. As dit as 'n norm kan 
geneem word vir die ware geestelike lewe as 'n honger en 
dors na genade wat van God alleen kan kom en die son- 
daar aan sy God verbind, dan staat die geestelike lewe 
op nie te `n lae peil in die gemeente. 

Met die voorbereidingsdiens was Ds. J. Prinsloo van 
Johannesburg ons leraar Ds. Grobler behulpsaam met die 
prediking, wat ernstig en boeiend was, en waarvoor Ds. 
Prinsloo hartelik bedank word. Met die geleentheid is 
daar 58 jonge lidmate deur die plaaslike leraar voorgestel. 

Sondagmiddag is 20 kinders gedoop en met die slot- 
diens Sondagaand is die twee broeders as diakene voor- 
gestel n.l. br. M. J. Redelinghuis en br. van Zyl. 

Met die gemeentevergadering is besluit om te kollek- 
teer vir die boufonds en te probeer die 2de duisend vol te 
maak die jaar. Met die geleentheid is die volgende broe- 
ders herkies of gekies, as ouderlinge: brs. $. J. Botha, 
A. W. Nortje, J. J. P. Grobler, H. J. van Staden. A. L. 
Steffens, J. Ayres, N. J. Basson, M. J. Fourie, D. H. Mol- 
ler, H. J. Peens, en brs. Stopforth en $S. P. Greyling en as 
diakene: brs. J. F. Bolton, J. P. Nortje, J. $. Roos, J. $. 
Smit, J. Pretorius, T. H. Duvenage, M. J. Willemse, J. 
Kok, en C. W. Grobler en M. C. Alers. Die opbrings van 
die basaar wat Saterdag in die Stadsaal gehou was, werd 
Sondagaand aan die gemeente bekend gemaak en almal 
was bly dat nieteenstaande die reënt Saterdagmêre baie 


294 DIE HERVORMER. 





mense teruggehou het om die Stadsaal te besoek, die prag- 
tige som van £#740 ingekom het. 


Hartelike dank kom toe aan almal wat gewerk en 
ondersteun het, viral die susters wat hul besonder beywer 


het om die basaar 'n sukses te maak. 
P. SG 


Venterskroon. 


Ons het weer kerkviering gehou op 18 en 19 April, 
onder leiding van Ds. P. J. J. Venter. Ook het Ds. A. R. 
Smit tot onse verrassing in ons midde opgedaag en het toe 
onse leraar gehelp met die dienste. Die opkoms was, nie- 
teenstaande die reënt, taamlik goed. Op die mêre van 
die 18de het die gemeente basaar gehou. Om 3 uur n.m. 
was die voorbereidingsdiens, waarby 8 jonge lidmate be- 
vestig is. 


Die aand na 'n korte diens deur Ds. Smit, was daar 
'n goed bygewoonde gemeente vergadering gehou. Ver- 
skillende sake is bespreek en ook die volgende kerkraads- 
lede is algemeen herkies: Ouderlinge H. M. J. v. Vuuren, 
P. L. v. Vuuren, D. H. v. Biljon; Diakene: P. A. Hattingh, 
L. M. Pretorius, W. F. Coetzer en W. H. Barnard. 


Op die 19de het baie lede nog gekom met karre, sodat 
die kerkgebou geheel vol was. 
Die preke was boeiend, en ons hoop dat die arbeid 
van die leraars nie sonder vrug sal wees nie. 
Ons volgende. Nagmaalsviering sal, so die Heer wil, 
gehou word op 8 en 9 Augustus. 
H. M. J. van Vuuren. 


Chrissiesmeer. 


Op die 18de en 19de vierde die gemeente Chrissies- 
meer Nagmaal. Die Opkoms was baie goed, reeds Vry- 
dagmiddag, was die plein al vol waens en tente wat nog 
vermeerder het. Vrydag het Ds. Dreyer, vergesel deur Ds. 
Ennis, aangekom. (Groot was die blydskap van die ge- 
meente en selfs van lede van ons susterkerke om Ds. 
Ennis weer 'n handdruk van welkom in ons gemeente te 
gee. Ds. Ennis is baie goed bekend in die Ermelose, viral 
daar hy die twede Vryheidsoorlog met Ermeloërs deur- 
gemaak het. Aardig was dit om die Ds. met die ou vete- 
rane te hoor oor oorlog staaltjes te gesels, viral met die 
ou veteran Casper Badenhorst. 

Saterdag was onse jaarlikse basaar, en aangesien die 
tyd baie sleg is, was die opbrings buiten verwagting goed. 
Ook die bydrae het hierdie jaar beter ingekom as in vorige 
jare. 

Die voorbereiding is gelei deur Ds. Ennis. Hy het `n 
boeiende preek gehad oor die huwelik tussen Hemel en 
aarde. Daarna is twaalf nuwe lidmate, wat Vrydag aan- 
geneem is, deur Ds. J. G. M. Dreyer bevestig. 

Saterdagaand een kort-diens deur Ds. Dreyer en on- 
middellik daarna gemeentevergadering. Die finansiële 
toestand van die kerk is bespreek, en besluit om fondse 
intesamel om die skuld wat die gemeente nog het te be- 
taal. Dadelik die aand is nog begin, en die mooi som- 
metjie van £150 het ingekom. 

Die Nagmaal en Nabetragtingsdienste het Ds. Ennis 
gelei, wat hy nieteenstaande sy hoë ouderdom, en swak 
liggaams kragte boeiend gedaan het. 

Ds. Dreyer het die slotdiens gelei, wat voorseker 'n 
baie diepe indruk op die gemeente nagelaat het, 


15 Mei 1931. 





Twee kindertjies is gedoop; vyf ou kerkraadslede is 
wederom bevestig, as ook br. Smit van Carolina as ouder- 
ling. 

Donderdag was Ds. Dreyer by br. Koos du Plessies 
waar hy `n siek kind Nelie besoek het. Ook ouma de Jager 
is Nagmaal toegedien deur die Domine op Davidsdale. Ons 
waardeer dit verseker van ons Ds. om sulke vertroosende 
besoeke af te lê. Be H 


Turffontein. 

Andermaal het ons gemeente weer die voorreg gehad 
om Avondmaal te vier in die kerk te Ophirton. Al die 
dienste was gehou deur die plaaselike Domine. 

Saterdagmiddag, 18 April. het die kerkraad vergade- 
ring gehou om verskillende onderwerpe af te handel as ook 
afgevaardigdes te kies vir die eerskomende Algemene 
Kerkvergadering, die brs. oudl. G. Labuschagne en S. H. 
Pieterse is gekies. 

Saterdagaand met voorbereiding was die kerk goed 
verteenwoordig, ook werd 8 jongelinge voorgestel as lid- 
mate; na die diens was gemeentevergadering. Die brs. 
Ouderlinge Basson en Viljoen en diaken Mauton het be- 
dank, in hul plek is gekies oud. van der Skyf en diaken 
Coertse, in die plek van br. Mauton die br. Joubert. Ons 
hartelike dank aan die brs. vir hul troue hulp in die ver- 
lede, mag ons hul hulp nie mis in die toekoms nie. 

Sondagmêre, 19 April, was die opkoms nie bevredi- 
gend. Dit kan dan aan die ongunstige weer toegeskryf 
word. Daar was drie tafels bedien deur Ds. Brandt. 

Met die Middagdiens (danksegging) is 5 kinders ge- 
doop. Die Aanddiens het Ds. Brandt in Kensington gehou. 

Gert. Labuschagne. 


Losberg. 

Ons kerkviering is alweer verby. Ons het heelwat 
waens en tente vanaf Vrydag op die kerkplein gehad. Vry- 
dag, 8 April, was daar aanneming gewees. 

Saterdagmêre het die waens taamlik vermeerder, en 
kon bespeur word dat die mense die sware tye voel; en 
dus weer terug keer na die ossewa van vroër. Baie ge- 
sellig was dit dan ook om die waens en tente op die kerk- 
plein te hê. Met die aanddienste was die kerk ook taam- 
lik vol. Die gemeente het ook basaar gehad, en heel vroeg 
Saterdagmêre was die gebou waarin die basaar gehou is 
vol met tafels van alles wat lekker en aantreklik is. 

Omstreeks 9 uur die mêre het Ds. Smit die basaar 
geopen. Met die oog op die basaar en vee vandusie kon 
die kerkraad nie vergader voor die namiddag nie. Met die 
geleentheid is ouderling T. F. Dreyer en diaken A, Swam- 
mers gekies as afgevaardigdes na die Algemene Kerkver- 
gadering. 

Daar die tafels, toe die voorbereidingsdiens haas moes 
begin, nog heelwat gehad het om van die hand te sit, is 
besluit om die voorbereidingsdiens Saterdagaand te hou. 

Saterdagaand met die voorbereidingsdiens is vyf jonge 
lidmate aan die gemeente voorgestel. Na die voorberei- 
dingsdiens was daar `n gemeentevergadering toe al die 
aftredende kerkrade weer herkies is. 

Sondagmore is 4 attestasies afgelees. 

Wat was ons dankbaar toe ons Ds. ons meedeel dat die 
basaar die som van sowat `n 4230 opgebring het. 

Sewe Nagmaalstafels is bedien alger deur ons leraar. 

Sondagmiddag is aan ses kindertjies die Heilige Doop 
toebedien, 

















15 Mei 1931. 


Sondagaand was die kerk ook taamlik beset, aangesien 
meeste van die lidmate met ossewaens oorgebly het tot 
Maandag. 

Die feesviering was geseënd. Die preke boeiend, op- 
bouend en heilsaam. 

Ongetwyfeld het diegene wat die feesviering nie by- 
gewoon het nie, veel gemis. 

Ons hoop dat menigeen, wat die hartwekkende woorde 
gehoor het, dit lang in die hart sal dra. 

Ons volgende Nagmaal sal D.V. wees op 7 Julie ek. 
waarna ons met verlange uitsien, want hoe meer ons Ds. 
P. Smit hoor, hoe meer ons verlang om nog meer te hoor. 

TT. D. 


Ermelo. 


Die gemeente van Ermelo het weer Nagmaal gevier 
op 11 en 12 deser. Nieteeenstaande die ongunstige weer 
was daar al van Dinstag af tente op die kerkplein, en so 
het dit aangehou met kom tot Vrydagaand. Die opkoms 
was goed. 

Saterdag middag met die voorbereidingsdiens is daar 
18 nuwe lidmate aan die gemeente voorgestel. Vir die ge- 
leentheid het die ouers van die Ds. Dreyer oorgekom om 
die voorstelling van hulle jongste seun bytewoon. 

Na die diens was daar `n Sondagskool-Basaartjie wat 
die mooi sommetjie van £5.0.11 opgebring het. 

Ds. Dreyer van Standerton en eggenoot het oorgekom 
om ons plaaslike leraar behulpsaam te wees. Die gemeente 
was baie dankbaar om hom weer in hulle midde te hê. 
Beide predikante se preke was baie boeiend gewees. Daar 
hulle doen en late en selfs woorde een is was meer as een 
in die war met die twee broers. 

Sondagmêre is vyf nagmaaltafels bedien. Sondag- 
middag is daar ses kindertjies gedoop en Sondagaand was 
dit weer voorstelling van kerkraadslede. 

Maandagmêre is alger weer met dankbare harte huis- 
waarts. R. G. van Rensburg. 


Kensington. 


Op 11 n 12 April hadden wij wederom het voorrecht 
om Avondmaal te vieren. Onze (Cathechisatie begon 
Maandag avond en Vrijdag avond zijn er toen zeventien 
jonge lieden aangenomen, die Zaterdagavond met de 
voorbereidingsdienst aan de gemeente zijn voorgesteld, bij 
welke gelegenheid de gemeente naar een uitmuntende preek 
van onze leeraar kon luisteren, naar aanleiding van lste 
Koningen 18 vers 21: ,Hoe langt hinkt gij op twee ge- 
dachten”, 

Na afloop van de Dienst was er gemeentevergadering 
waar de financiele zaken van dé gemeente besproken wer- 
den. Hier zijn ook heel wat vrijwilligers gevonden om te 
kollekteren voor Komberen voor 't Weeshuis. 

De volgende Broeders Kerkeraadsleden zijn gekozen en 
herkozen: Herkozen zijn Oud. M. J. Esterhuizen, M. J. 
van Staden, P. P. van den Berg en CO. P. $. Barnard; 
Diaken: W. H. McLean en W. le Roux. Nieuw gekozen: 
Oud. J. H. Potgieter, Diak. J. J. du Preez en N. J. Woest. 

Zondagmorgen was de tekst, Mark 16 vers 7, alleen de 
woorde: ,en Petrus”. Er werden drie tafels bediend. De 
jongeleden waren alleen aan de laatste tafel. 

Zondagmiddag bij dankzegging was de tekst Matt. 28 
vers 20: ,Zie ik ben met u lieden al de dagen tot de vol- 
einding der wereld”. Er waren ook drie kleine kinderen 





DIE HERVORMER. 295 


NN N N ee ee ee EG 





gedoopt bij deze gelegenheid. Wij gingen allen naar huis 
met een hart vol blijdschap over zulk een gezegende feest- 
viering en allen zien maar wêer uit naar het volgende 
A vondmaal in Julie. GAPAS. B. 


Germiston. 


Op die 11de en 12de April was dit weer `n voorreg vir 
ons gemeente om Nagmaal te vier. Die ongunstige weer 
in aanmerking geneem, was die opkoms buiten gewoon 
goed, by al die dienste. 

Ons plaaslike leraar het al die dienste self waarge- 
neem; en dat sy preke leersaam en vermanend was, en baie 
lede tot selfondersoek gebring het, ly geen twyfel nie. 

Vrydagaand was aanneming, en 33 nuwe lidmate is 
tot ons getal bygevoeg, en- Saterdagaand voor `n besonder 
vol kerk voorgestel. 

Sondagmêre is drie groot tafels bedien behalwe die 
tafel vir die jonge lidmate. 

19 kinders is deur die Doop by ons kerk ingelyf Son- 
dagmiddag. 

Dat die stemreg aan die vroulike lede van ons kerk 
behoort toegeken te word, bewys die wyse waarop die 
susters van ons gemeente weer met onvermoeide ywer vir 
die soveelste maal `n suksesvolle Tiekieaand onder leiding 
van Mev. Ds. Kuhn, georganiseer het, wat die mooi som- 
metjie van ongeveer £75 opgebring het. 

Die las van dooie lidmate, waaronder ons kerk gebuk 
gaan, word ook deur ons kerkraad daeliks meer en meer 
gevoel, en stappe sal seker in die nabye toekoms geneem 
word om 'n gesonde toestand in ons gemeente te skep in 
daardie opsig. 

Ons wag op leiding van ons Ring wat e.k. Donderdag 
vergader. 

Die gemeente is bly om ons herder en leraar, na `n 
tydjie van welverdiende rus, weer so hersteld te sien, dat 
hy ons kan bearbei en die Evangelie van Kristus op so 
'n meesterlike wyse kan voorhou. Mag dit die liewe 
Heer behaag om hom nog lang in ons midde te spaar. 

F, M. 


Johannesburg. 


Ons katkisasie klas en daardeur ook die Nagmaal 
was 'n paar weke uitgestel, omdat die kerkgebou was af- 
gestaan aan die afgevaardigdes naar die Ringvergadering. 
Die Nagmaal is nou gevier op Sondag, 19 April 1931. Die 
Weleerw. Heer Ds. P. W. Venter van Volksrust sou oor- 
kom om ons plaaslike leraar by te staan, maar tot ons 
innig leedwese was Sy Ierwaarde deur siekte in sy huis 
verhinder. 

Byna twee jaar gelede is van die ou gemeentes afge- 
stig die gemeentes Newlands, Turffontein en Kensington. 
Natuurlik was daar toe wel wat vrees dat nou ons kerk- 
gebou veel te groot sou wees. Hoe dankbaar was ons toe 
dit blyk dat by die Nagmaaldienste die kerk amper te 
klein was. 

Daar was nie minder as 58 nuwe lidmate, Op Sater- 
dagaand, 18 April, het Ds. J. J. Prinsloo 'n ernstige preek 
gehad oor die keus van Ruth en dit voor oë gehou vir 
ons jonge broeders en susters, 

Véér die bediening van die Nagmaal het onse leraar 
'n preek gelewer na aanleiding van Joh, 15 vs. 1 en 2. Ook 
in die aand was die kerk goed beset en was die preek naar 
aanleiding van Math. 10 vers d0. 


296 DIE HERVORMER. 





Dit was ook verblydend om te sien dat by die dienste 
heel weinig ouderlinge of diakens afwesig was. Die jaar- 
likse basaar word gehou D.V. op 1 en 2 Mei maar in en- 
kele afdelings van ons gemeente is toegestaan om in plaas 
van 'n basaar dankoffer-kaarte rond te stuur. 

As die basaar en kaarte 'n sukses is, sal ons weer 'n 
kans hê om wat af te betaal op ons groot skuld aan die 
kerklike fondse. 


Waterberg. 


Rapport in verband met die Sondagskole van die 
Nederduits Hervormde Gemeente van Waterberg 
oor die jaar 1930. 


Ek het die eer die volgende in verband met die Son- 
dagskole van die Nederduitse Hervormde Gemeente van 
Waterberg te rapporteer:— 

1. Die vrae-lyste in verband met die Sondagskole het 
ek in die begin van 19380 aan al die ouderlinge gestuur. 
Herhaalde male het ek ook daaroor in ,Die Hervormer” ge- 
skrywe, en ook weer persoonlike briewe daaroor aan die 
ouderlinge gerig. Nieteenstaande dit, het ek alleen daarin 
geslaag om van vier broeders antwoord te ontvang. Waanr- 
aan die slapheid toe te skrywe is, kan ek ongelukkig nog 
nie opspoor nie. 

9. Later het ek weer vrae-lyste, deur myself opgetrek, 
uitgestuur, waarmee daar meer tevredenheid ontvang was, 
want hierop is daar aanmerklik beter gereageer. 

Uit die vraelyste en die informasie persoonlik deur 
sommige ouderlinge aan my verskaf, kan ek U die vol- 
gende uiteensetting gee: 


WYK. Getal Getal Getal 
Sondagskole Kinders Onderwysers 


1. Donkerpoort-Kranskop 2 92 2 
2palals EE 2 31 2 
aaDorpi N. 1 48 8 
4. Vlakfontein ... 1 16 1 
5. Kromkloof RE — — 
6. Warmbad... ee 2 20 2 
1 lonbad Ee 1 18 2 
8. Elandsfontein  .. 1 12 1 
9. Springbokvlakte ..... 2 30 8 
10: Waterval. Me. 1 21 1 
11. Rhenosterpan  .. 1 10 1 
MA ZontHanis N ad 5 28 5 

MVotaal ...| 19 256 28 

Opmerkings: 


1. Daar is 18 verskillende wyke in die gemeente. Uit 
bostaande tabel blyk, dat daar alleen van 12 informasie 
ontvang is. Waar bly die ander ses? 


2. Uit die tabel moet ons aflei, dat daar in die hele 
gemeente maar alleen 19 Sondagskole bestaan, wat tog 
seer seker nie die geval behoort te wees nie. 


3. Ook kan en behoort ons ons ook nie tevrede te stel, 
dat daar dlleen 256 kinders is wat die Sondagskole besoek 
nie, want dis tok seker nie al die kinders van die gemeente 
nie!(?) Dat daar moeilikhede in ons weg staan wil ek 
nie betwis nie, want gedurende die week moet die kinders 
alreeds op skool wees, en in sommige gevalle kan dit nie 
verwag word, dat die kinders ook nog Sondae die ontsag- 
like distansies moet afry nie; maar elke huisgesin kan in 


15 Mei 1931. 





hierdie geval 'n Sondagskooltjie vorm. Graag sal ek sien, 
dat die brs. ouderlinge in hierdie rigting wil organiseer. 
As ons maar net wil kan ons baie meer vir ons kinders 
doen. 


4. In die geval van Kromkloof vind ons dat daar geen 
Sondagskool bestaan nie, maar nieteenstaande dit, het 
ouderling van Heerden hom die moeite getroos om die 
vorm in te vul en aan te stuur. Hartelik dank daarvoor, 
broeder! Graag sal ons sien dat hierdie voorbeeld gevolg 
word, want dit vergemaklik ons organisasiewerk en help 
tot 'n juiste opgawe vir die statistiek van ons Sondag- 
skole. 


5. Die tabel gee ons nie die juiste insig nie, want daar 
is nie van al die wyke die nodige informasie ontvang nie. 
Dat die opgawe van die Rings-Superintendent hierdeur 
benadeel word, is ook nie aan te twyfel nie. 

6. Uit die tabel kan ons ook nie aflei of daar vooruit- 
of agteruitgang is nie, want daar is nie opgawes van die 
verlede, waarmee vergelyk kan word nie. Alleen kan ons 
van die Dorpswyk hier aanhaal, dat die getal leerlinge 
vanaf die begin van 1929 van 7 tot 48 aangegroei het. Ook 
moet ons meedeel dat daar in 'n paar wyke nuwe sondag- 
skooltjies in die lewe geroep is, waaroor ons ook baie bly 
en dankbaar is. 

3. Bybelkennis-Eksamens. 

Hiermee is daar ook 'n begin gemaak en wel deur die 
Sondagskool op die Dorp. Die volgende resultate kan hier 
meegedeel word:— 

(a) Hoër-Afdeling: 9 Kandidate ingeskrywe; 8 kan- 

didate het geslaag, waarvan 1 met hoogste lof; 
3 met lof, en 4 goed. 

(b) Laer-Afdeling: 2 Kandidate ingeskrywe; 2 goed 
geslaag. 

Van die 11 kandidate wat ingeskrywe was het dus 

alleen 1 nie geslaag nie. 

Ook wil ons graag hier die hoop uitspreek, dat die 
onderwysers (esse) en ouderlinge die kinders soveel as 
moontlik wil aanmoedig om vir hierdie eksamen in te 
skrywe. 

4. Belangstelling. 

(a) Ouers. Oor die algemeen geoordeel is die belang- 
stelling van die ouers bevredigend. 

(b) Kinders: Die belangstelling van die kinders is 
taamlik. Dit kan verbeter word, deur die invoer 
van diplomas, pryse, ens. Graag sal ons dit ook 
in die toekoms wil doen, om die diploma-stelsel in 
die lewe te roep. 

(ce) Onderwysers: Oor die belangstelling van die tans 
diensdoende onderwysers kan daar nie gekla word 
nie. Graag sal ons net wil sien, dat daar meer 
voeling tussen die onderwysers en die superinten- 
dent bestaan. Hierdie moeilikheid kan deur jaar- 
likse of selfs halfjaarlikse konferensies opgelos 
word. Dieselfde geld al die Sondagskole van die 
Ring van Rustenburg. 

(d) Kerkraad. Die belangstelling van die kerkraads- 


lede, altans van sommige, laat veel te wense oor. - 


Hiermee meen ek min of meer `'n oorsig te gegee het 
van die toestand van die Sondagskole van bogemelde ge- 
meente. 

S. J. Botha, 
Superintendent van Sondagskole. 
Bus 57, Nylstroom, 
April 1981, 








1 
| 


15 Mei 1931. 


DIE HERVORMER. 


297 





s. esden as 
st 


de 





Indien gij u niet verandert en word ge- 
lijk de kinderkens, Zoo zult gij in 
het Koninkrijk der Hemelen geen- 
sins ingaan.—Matt. 18:3. 


Die geskiedenis van die Israëlitiese volk was 'n 
veelbewoë geskiedenis, wat grotendeels veroorsaak 
is deur die ligging van Palestiena tussen die twee 
groot wêreldryke Babel en Egipte, wat by uitbrei- 
ding van hulle wêreldmag in Palestiena 'n punt van 
aanraking gevind het. Andersyds was Palestiena 
blootgestel aan invasies en invalle vanuit die woestyn 
en vanuit die Middellandse See. Palestiena word 
dan ook tereg `n brug sowel as `n hawe genoem. As 
brug het hy gedien vir die verskillende wêreldmagte 
en as hawe vir van elders uitstromende emigrante. 
Die toestand van Israel het dus vir `n groot deel al- 
gehang van die toestand van die omliggende volke. 
Het die vyande in mag toegeneem dan was verdruk- 
king haar deel en omgekeerd. 


En in sulke tye van verdrukking, van versmading 
en agteruitgang was dit dat die Messiaanse verwag- 
ting, die verwagting van die koninkryk van God 
sterk geword het. Dan het die profete met luider 
stem die koms van Kristus aangekondig. 


Dit was ook die toestand tydens die omwande- 
ling van Kristus op aarde. Die Joodse volk het ge- 
buk gegaan onder die Romynse juk. Hulle vryheid 
was hulle ontneem, en hulle moes sig getroos om die 
slawejuk te dra. (Geen wonder dan ook dat die 
koninkryksverwagting toe sterk opgeleef het. 


En met die koms van die koninkryk sou nie al- 
leen geestelike seëninge, vrede en saligheid mee ge- 
paard gaan nie, maar ook stoffelike welvaart, riviere 
vol met water, velde bedek met kuddes, dale swaar 
van graan. 


Ook die disiepels van Jesus het, ewenas hulle 
tydgenote, `n aardse koninkryk verwag. Dit getuig 
ook ons teks. Die disiepels het rusie op die weg, 
wie tog die meeste sou wees in die koninkryk wat 
Kristus gekom het om te stig. 


Sou dit Petrus wees? Hy immers kon sig tog 


beroep op die belydenis te Ceserea Filippi; toe het 


die ander geswyg, maar hy het sy Meester openlik 
bely. Tot hom is die merkwaardige woorde gerig: 
,Op deze Petra zal Ik Mijn gemeente bouwen.” 
Jakobus en Johannes kan wys op die onderskei- 
ding wat hulle te beurt geval het op die berg van 


stelde as dit van die disiepels. 


verheerliking. Hulle het tot die mees intieme kring 
van Kristus se volgelinge behoort. 

En Judas! Was die feit dat Jesus self aan hom 
die beurs toevertrou het nie voldoende bewys van 
die groot vertroue wat daar in hom gestel is nie? 

Arme, hardleerse disiepels! — Solank al in in- 
tieme omgang met Jesus en tog nog vervul met 
aardse gedagtes aangaande die Hemelse Koninkryk. 

Was die arbeid van Jesus aan hulle dan tever- 
geefs? 

Jesus antwoord hulle nie. Hy ontwikkel geen 
diepsinnige gedagtes nie. Hy weet hoe om die vinger 
op die wonde te plaas. 

Jesus neem `n spelende kind en stel dit in hulle 
midde met die woorde van ons teks. Die disiepels 
het gedink dat dit `n uitgemaakte saak was dat hulle 
in die Koninkryk sou ingaan. Die vraag was slegs 
wie van hulle sou daar die meeste wees. Alleen oor 
die rangbekleding in die Koninkryk was hulle besorg. 
Verpletterend moes daarom ook die antwoord van die 
Heiland vir hulle gewees het dat daar vir hulle geen 
sprake van ingaan was nie, laat staan die gedagte om 
daar die eerste te wees. Vir hulle was daar geen 
hoop om in God's Koninkryk in te gaan nie tensy 
hulle hulle verander en gelyk word aan die kinder- 
kens. 

Die Koninkryk wat Jesus gekom het om te stig 
is 'n geestelike Koninkryk waar geregtigheid en vrede 
heers, `n Koninkryk nie van materiële nie maar van 
geestelike gawes, 'n Koninkryk nie van hierdie wêreld 
nie maar van hemelse oorsprong. 'n Koninkryk waar 
God's wet gedaan word en wat bestaan uit diegenes 
wat Sy wil gehoorsaam. 

Om deelgenoot te word van daardie Koninkryk 
moet die mens seker sedelike en geestelike eienskappe 
besit. Elke deelgenoot moet `n bepaalde geestelike 
wil dra, n.l. die wil van 'n kind. . 

Jesus neem hier `n willekeurige kind en hoe moet 
ons nou word as die kind ons ten voorbeeld gestel 
word? 

Wat was die houding van die kind, omvang deur 
die arme van Jesus, temidde van die disiepels? Ons 
kan ons so goed voorstel dat hy skugter, bedees en 
verleë was. Sy houding was presies die teenoorge- 
By hulle was gedag- 
tes van ydelheid en hoogmoed. Hulle vraag immers 
was uit hooggevoelendheid gebore! 


Dadelik het hulle begryp hat hulle juis die teen- 
oorgestelde was van die Kind op daardie oomblik. 
Op hulle vraag wie die meeste is in die Koningryk 
van die Hemele, kry hulle in beeldspraak ten ant- 
woord: Die nederigste, die beskeidenste, die kleinste 
in eie oog. 'Teenoor God moet ons in elke opsig `n 


208 DIE HERVORMER. 





kind gelyk wees, ook ons geloof moet eg kinderlik 
wees, `n geloof wat geen vrees of twyfel ken nie, `n 
geloof wat volkome oorgawe aan God is. En indien 
ons eers so ver is sal ons ook elke dag meer seker- 
heid kry dat hy onse Vader wil wees in Kristus Jesus. 
Die kinderlike gesindheid is noodsaaklik om hom 
onse Vader te kan noem. Onder alle omstandighede 
van die lewe moet ons ons volslae afhankelikheid, ons 
eie kleinheid en nietigheid besef en tot Hom ons toe- 
vlug neem, dan sal Hy al ons weë wel maak en vader- 
lik vir ons sorg; dan sal ons deelgenote word van 
vele woninge in die hemelse koninkryk wat Kristus 
berei het vir diegenes wat vir sover dit die geestelike 


dinge betref, kinders is. — Amen. 
Johannesburg. To 
——b————— 
DIE KOMENDE ALGEMENE KERK- 
VERGADERING. 


Die 19de Mei, die dag waarop die 43ste Alge- 
mene Kerkvergadering van ons kerk sal vergader, 
is nie meer ver af nie. Mag die werk van die 43ste 
Algemene Vergadering uitblink as een van die ver- 
naamste mylpale in die geskiedenis van die Neder- 
duitse Hervormde Kerk in Suid-Afrika. 

Dit is verblydend om in ,,Die Hervormer” van 
15 April 1931, so 'n lang lys van beskrywingspunte 
en versoekskrifte te sien. Daar is beskrywingspunte 
en versoekskrifte wat sekerlik en te reg ook die doel 
en strewe, die bloei en groei van die Hervormde Kerk 
beoog. Die beskrywingspunte No. 31, 32, 33, 87 en 
88 wys op watter dringende en noodsaaklike werk 
daar vir ons kerk in die naaste toekoms wag. 

Om te gaan redeneer oor en om te gaan uit 
maak of die vrou stemreg moet hê in gemeente-ver- 
gaderings is my insiens 'n kwessie wat nog nie ryp 
is vir bespreking nie. Hierdie kwessie sal wel in 
die verre toekoms nog wys of dit nodig sal wees ol 
nie. Die kerk moet waak teen die verbrokkeling van 
die huislike lewe. Vandag kry ons gevalle waar die 
man lid is van die een politieke party en die vrou 
weer lid is van 'n ander politieke party. As ons van- 
dag oor hierdie stemreg kwessie van die vrou in die 
kerk gaan besluite neem, gaan ons dan nie moont- 
lik die goeie gees van verstandhouding benadeel nie, 
sodat ons naderhand baie gevalle sal kry waar die 
vrou lid van die een kerk en die man weer lid van 
'n ander kerk sal wees nie? Ek vra maar net? 

Die Kerk behoort sy kragte meer te konsentreer 
op die kwessie van handhaaf en bou, want ek voel 
daar oortuig van dat die Hervormde Kerk ook ge- 
roepe is om om te sien na daardie afstammelinge van 
die stoere. voortrekkers wat vandag deur armoede 


15 Mei 1931. 





en deur moeilike en onvermydelike omstandighede 
daartoe gedrywe is om hulie lewe op die delwerye, 
bosaanplantings, spoorweë en ander Regerings onm- 
dersteunde werke te gaan maak. As daar 'n saak is 
wat die dringende aandag van ons kerk verg dan is 
dit om daardie mense op te soek, te bearbei en aan 
te moedig om die tradiësies en godsdiens van hulle 
voorvaders te handhaaf en op te bou. Die voor- 
trekkers kiem van godsvrug en volksgevoel sluimer 
nog in daardie mense, maar hulle staan te midde 
van baie versoekinge, verlydinge en kom in baie op- 
sigte in aanraking met `n vreemde kultuur, en daarom 
verlang hulle na leiding en bearbeiding. Die mens- 
dom is moeg van al die ,,verbiedings” en ,,moenies”, 
hulle smag na ,liefde” en soek na die ,,waaroms"”. 


Nie alleen is dit nodig om `n predikant op die 
delwerye as werkkring te hê nie; maar ook is dit 
wenslik . dat ons mense op die bosaanplantings, 
Spoorweë. en ander Regerings onderstandswerke so 
dikwels as dit moontlik is besoek en bearbei word. 
Dan is daar die Angola-boere in Suidwes-Afrika. 
Daardie uitgewekene broers verlang ook na die be- 
arbeiding van ons kerk. Hulle verlang ook om in 
hulle nuwe omgewing te handhaaf en te bou. Daar- 
om is dit so dringend nodig om `n predikant vir `n 
jaar daarheen te stuur om daardie mense te gaan 
bearbei en te organiseer. As die kerk as 'n geheel 
die koste van die bearbeiding en organisasie van 
daardie mense vir 'n jaar of meer uit die algemene 
kerkkas kan help dra en ook gelukkig sal wees om 
predikante te kry. wat daardie mense wil gaan be- 
arbei, twyfel ek daar nie aan nie dat Suidwes-Afrika 
en ook Natal na `n jaar in staat sal wees om elk 
hulle eie predikant te beroep en te salarieer. 


Skrywer hiervan moes al die gesegde aanhoor 
dat die Hervormde Kerk kan nie haar mense bearbei 
nie en ook beantwoord sy nie aan haar doel nie want 
sy doen niks aan die verkondiging van die Evange- 
lie aan die Heidene nie. Nou laat ons die kaffers 
maar vir eers daarlaat, want daar is vandag ander 
kerkgenootskappe wat gelukkig in daardie posiesie 
is om die Evangelie aan die kaffers te bring, maar 
waar ons kerk dit nog nie kan doen nie lê daar vir 
haar 'n groot arbeidsveld oop onder ons eie minder- . 
bevoorregte mense. Die bevel van die Heer was tog 
om die Evangelie aan die arme te verkondig. Moenie 
gaan op pad na die Heidene en moenie ingaan in 'n 
stad van die Samaritane nie; maar gaan liewer na 
die verlore skape van die huis van Israel. 


Dan word daar gesê die oes is groot, die velde 
is wit en ons bid dat die Heer arbeiders mag uit- 
stoot. .Dis waar, en daarom vertrou ons dat die 
Hoogste Vergadering van ons Kerk die oë meer sal 














15 Mei 1931. 


rig op die groot oes en die ,,wif” velde as op sake 
wat nie hierdie doel en strewe beoog nie. 

Daar word vandag gepraat van predikante wat 
ledig op die mark staan en van die bloei en groei van 
die Hervormde Kerk. Die Hervormde Kerk wil bloei 
maar in baie opsigte strem ons self die groei. Neem 
daardie gemeentes van ons kerk wat hulle eie predi- 
kante het, daardie gemeentes kan getuig van voor- 
uitgang. Vir omtrent sestien jaar gelede was ek 
byna die enigste Hervormer in hierdie omgewing. 
Ek het nie geweet waar om 'n ouderling of 'n diaken 
van die Hervormde Kerk te soek nie en baie keer 
moes ek aanhoor hoe daar op smalende toon van die 
Hervormers gepraat word. As ek my kerk wou be- 
soek moes ek maar afreis na die weste. Waar ek 
vroeër in hierdie omgewing byna `n vreemdeling in 
my eie kerk was, vinger alleen, is ek vandag om- 
ring deur 'n groot aantal mede-lidmate. Gaan maar 
na die plaaslike poskantoor waar vroeër ,Die Her- 
vormer” `n onbekende was en kyk hoeveel eksem- 
plare van ,,Die Hervormer” word hier nou al om die 
veertien dae afgelewer. Gaan na die plaaslike 
Goewt. Skool waar omtrent `n twaalital jare terug 
nie een enkele Hervormde kind op skool was nie en 
moenie verstom wees om te verneem dat die getal 
nou aangegroei het tot byna die helfte van die aan- 
tal leerlinge op die registers. Vanwaar dan hierdie 
groei en bloei? Deur getrouheid aan die kerk van 
bulle voorvaders en deurdat die gemeente sy eie 
predikant wou hê. Dus vakante gemeentes span 
saam en beroep julle eie predikant wat onder julle 
kan woon, wat julle die liefde van Kristus kan ver- 
kondig en wat saam met julle kan help bou op die 
vaste fondament deur onse voorouers hier in die 
verre Noorde gelê. Was daardie edele pioniers met 
staal in hulle bloed dan nie die vonk wat ons taal en 
godsdiens aan die lewe en suiwer gehou het uit? 
Moes hulle nie huis cn haard verlaat, die wildeinis 
im trek en bloed en goed opoffer terwille van hand- 
haaf en bou nie? Ja, hulle was getrou aan die Geuse 
en Hugenote bloed. Dus laat ons bou op daardie 
fondament. Hoe meer predikante daar onder ons 
vakante gemeentes bevestig kan word hoe meer en 
deegliker werk daar aan die innerlike bewussyn en 
die regte begrip van ons volksgevoel en kristelike 
lewe kan gedoen word. 


Charl Cilliers. ]. T. du: Preez: 


————— ER 


KORRESPONDENSIES. 


|| Weleerw. Red. 

7 Ek wil my nie onnodig in 'n pennestryd wikkel nie, 
maar ek voel, dat ek 'n woordjie moet sê na aanleiding 
van die brief van C. H. Venter en die ,Inleidingsartiekel” 
in die jongste uitgawe van die ,,Hervormer”, p. 263 en 


DIE HERVORMER. 299 


p. 275, omdat in beide stukke — ek neem aan: onbewus — 
'n onverdiende blaam gewerp word op somige van ons 
vakante gemeentes. [Pk spreek vir westelike Transvaal, 
insonderheid die Ring van Zeerust, wat ek nou mins as 
10 agtereenvolgende jare dien. Byna al die tyd as voor 
sitter. Ek meen dus, dat ek met 'n sekere mate van kennis 
van sake kan praat. Laat my dan nou maar dadelik sê, 
dat daar in die Ring van Zeerust op die oomblik geen ge- 
meente, of geskikte kombinasie van gemeentes is, wat 'n 
predikant kan beroep nie. ËEk wil nie as pleitbesorger van 
ons vakante gemeentes optree nie. Die Kerkrade, wat 
my in Westelike Transvaal ken (in die ou Westelike 
Ring), weet, hoe sterk ek. op hierdie punt staan, nl. dat `n 
vakante gemeente dadelik moet beroep. FPk het altyd 
daarvoor geywer. ËEk het eenvoudig geen verskoning er- 
ken nie. Maar nou — nou moet ek erken, dat daar on- 
overkoomlike besware is. Die teenwoordige vakante 
gemeentes van die Ring van Zeerust kan nie beroep nie. 
Nie, omdat hulle nie wil nie. Hulle wil. Hulle wil graag. 
Hulle sien. daar na uit met `n verlange, wat aangryp en 
aandoenlik is in sy €rns. Maar hulle kan nie, want dis 
'n vasstaande feit, dat hulle 'n predikant finansiël nie kan 
onderhou nie. Net een bewys uit baie. Vir meer as 'n 
jaar het ek byna al die konsulentwerk in die Ring moet 
doen — die predikant van Zwartruggens help nou: sy er- 
varing is dieselfde as myne — en ek het al daardie kon- 
sulentswerk gedoen, en doen al die teenswoordige konsu- 
lentswerk nog, met `n enkele uitsondering, sonder ver- 
goeding, sonder vergoeding selfs van reiskoste, omdat daar 
metterdaad geen geld is om selfs die reiskoste van die 
konsulent te vergoed nie. Dit mag ongelooflik klink, maar 
dit is so. Daar is eenvoudig geen geld nie. Ons mense 
is verarm. Hulle wil, maar hulle kan nie. ËEk kan die 
toestande dwars deur Westelike Transvaal, en ek ken 
mense ook, en ek weet, hulle harte is oop vir die kerk, 
maar hulle beurse is leeg. 

Die Redakteur praat van 'n kombinasie Lichtenburg— 
Delwery—Schweizer Reneke. Ons het lankal daaroor ge- 
praat. Na grondige oorweging blyk dit finansiël onuit- 
voerbaar — vir die teenswoordige altans (lees tog asse- 
blief Lukas 14: 28-80). Zeerust—Mafeking? Kan op die 
oomblik ewemin. Alle moontlike kombinasies is reeds 
grondig bespreek en oorweeg. lemand van buite kan ons 
in hierdie opsig niks aan die hand gee, wat nie reeds ons 
aandag geniet het nie. 

U beweer, dat daar ,vandag 'n baie groot bloei in die 
Hervormde Kerk is”. Ek sou dankbaar wees, as daardie 
bewering met die werklikheid in ooreenstemming was, 
maar dit is helaas! nie die geval nie. Ons gemeentes maak 
oor die algemeen 'n donker tyd deur. Ek dink nie graag 
aan wat daar moet gebeur, as meer as een gemeente nie 
finansiële verligting kry nie — ek het hier die oog op die 
hoé hoofdelike omslag, wat elke jaar moet betaal word, 
behalwe nog ander en lopende uitgawes, Om. in sulke 
gevalle te sê: ,,Beroep!” is dwaas, en om sulke geval te 
bestempel as trage gemeentes, is `n onverdiende verwyt, 
wat seer maak. 

Ek vertrou, dat u hierdie woord van opheldering my 
nie ten kwade sal dui nie; ek het gevoel, dat billikheid 
dit van my vorder. Ons moet die werklike toestand, soos 
dit is, in die oë sien, anders lewe ons in 'n Utopia, 

Met dank vir opname, ens,, 


Daniël F. Erasmus, 


16 April 1931. Voorsitter, Ring van Zeerust, 


300 DIE HERVORMER. 


15 Mei 1931. 


EE Ee ee N Ig ef ee N EE ee Ee ee n 


Maasstroom, 28 April 1981. 
Geagte Redakteur van ,Die Hervormer”, 


Ek sien in ,Die Hervormer” van die 15e deser een 
brief van broeder C. H. Venter. Dit verheug my om tog 
nog sulk een warm hart te sien klop vir sy kerk. Die 
brief is werd om te lees, want dit is in ons kerk vandag 
te betreur, die saak is te pynlik om oor te denk. Nooit 
het ek gedag dat onse studente op straat sal moet rond- 
loop sonder een beroep, en dit nog met sulk 'n groot te- 
kort aan predikante. Waar dadelik 6 tot 8 gemeentes kan 
beroep vererger die skande nog meer vir ons as kerk, wat 
so roem op die voetpade van onse voorvaders. Broeders 
en susters, is dit vandag ons plig wat so lyk? O wee, dan 
ons arm kerk, die Hemel sal ons aanklaag. Ts God nie 
meer dieselfde van ewigheid tot ewigheid? Kan hy nie 
meer sy knegte laat gebruik indien hul opmaak om te 
bou? Kan een huis bestaan sonder hoof? Kan een kerk 
bestaan sonder een predikant? (Geen wonder, dat ons net 
van kerkskuld hoor, wat ons nie wil betaal nie. Skande op 
skande, en die rykste en grootste gemeentes is nog die 
ergste, en dan nog So onbeskaamd om te vra om die 
fondseskuld af te skryf. Waar is nou ons geloof? Moet 
die werke nie die geloof toon? Ts die geloof sonder die 
werke nie dood nie? Ts dit nie die ewige koning van die 
kerk nie, wat gesê het, bring my die tiende in my huis, 
gy beroof my, maar beproef my of ik u nie sal opendoen 
die vensters des Hemels en die lande sal hulle vrug voort- 
bring, en geen misdrag sal onder u vee wees. Sien, broe- 
ders en susters, so nodig die koning der kerk ons om sy 
woord te vat, en dan sê Hy nog, beproef my. Laat ieder- 
een homself maar afvra, of daar ook nog enig tekort sal 
wees as ons dit doen, en of ons nie dan dadelik een klomp 
predikante sal kort kom nie, daar waar daar nou drie op 
'n beroep wag. Mag God sig ontferm en die doodsheid 
weg neem van sy Kerk en die gees van herlewe inblaas 
in kerkrade en in gemeentes want die vyande van onse 
kerk lag nou. 

F. J. Grobler. 


Bethal, 10 April 1931. 


Aan die Redakteur ,Die Hervormer”, 
Waarde Heer, 


Ek voel my gedwonge om ook my eenvoudige (miskien 
verkeerde) opienie te gee, oor die onderwerp van die kor- 
respondensies in die laaste paar nummers van Die Her- 
vormer”, nml. vroue stemreg in die kerk. My doel is om 
niemand onnodig seer te maak, of te beledig nie. Ten 
eerste wil ek sê dat ek heeltemal daarteen is om die vrou 
stemreg te gee in die kerk, en as dit ooit mag deur gaan. 
sal ek seker die laaste vrou wees wat daar gebruik van 
sal maak. 

My insien word die vrou deur sommige korrespondente 
beledig, soos bv. in die Nummer van 1 April sê P. S. 
Nortje, ,hy raai die Algemene Vergadering om hulle nie 
met vuilwater te bemors nie. Ts die vroue lede van die 
Hervormde Kerk dan so veragtlik, dat as die Algemene 
Vergadering hom bemoei met wetgewing wat die vrou be- 
tref, hy hom dan met vuilwater bemors? Ek vra Mnr. 
Nortje, is die gemeentes, waar die vroue soveel moeite en 
opofferings doen, met kollekteer en basaars hou, dan met 
vuil water bemors omdat die vroue hulle daarmee be- 
moei? 


Ouderling Pretorius sê dat dit 'n blaam op die kerk sal 
wees. Is dit miskien ook 'n blaam dat 'n vrou 'n lid van 
die Hervormde Kerk is? 

Ouderling Grobler sê, as die vrou stemreg in kerk 
kry, ons dan 'n ander bybel moet laat maak, want die 
bybel belet dit. (Goed en wel. Maar sal dit nou die eenig- 
ste wees wat die bybel belet, en tog maar oortree word? 
Wat van die 10 gebooië, wat ons elke dag oortree soos, 
ander gode dien, sabbat ontheilig, ouers ongehoorsaam, 
egbreek, ander se goed begeer, en daarby nog al (laat my 
toe om Mnr. Nortje se woorde te gebruik) meer as een hom 
so met vuilwater bemors om 'n ander se vrou te begeer, 
of net anders om. Het ons al ooit probeer om oor sulke 
oortredings `n ander bybel te laat maak? Ek wil die broe- 
ders net sê dat die kragtigste, die heerlikste en die suiver- 
ste evangelie wat nog ooit op aarde gehoor is, deur 'n 
vrou verkondig is, nml., ,Dat Jesus Kristus opgestaan is 
van die dode, en daarna nog bevel ontvang het, by monde 
van die Heiland self, Gaat henen, boodskap Myne broeders, 
dat sy henen gaan naar (Galelia, aldaar sullen sy My 
sien.” 

Toe ek al die opienis van die korrespondente met aan- 
dag gelees het, het ek vir die eerstemaal in my lewe jam 
mer gevoel dat ek 'n vrouelike lid van die kerk is, nie om- 
dat ek meen stemreg in die kerk is ongewens nie, maar 
wie kan sê of in die toekoms, daar nie `n ander bybel moet 
gemaak word, 'n blaam op ons kerk rus, of die kerk met 
vuilwater bemors word, en dit deur die vroue geslag van 
die kerk, die moeders en toekomstige moeders van ons 
predikante, ouderlinge en diakens, stemreg te gee in die 
kerk? ËEk vra maar met. 

EE UGO 
Dankie vir opname, 


Eikenhof, 22 April 1931. 
Aan die Editeur ,,Die Hervormer”, 
Waarde Heer, 

Vergun my `n plaas in die Kerkblad, dit spyt my dat 
ek moet sien, dat ons kerksake nou in verkeerde rigting 
gaan. Ek wil hiermee my teleurstelling en. gevoelens uit. 
Ek sien in die jongste uitgawe van ons kerkblad, dit is 
15 April 19381, verskillende beskrywingspunte om vroue 
stemreg in ons kerk te gee. Dit spyt my van harte om my 
daarteen te verset, want ons nageslag sal ons dit verwyt. 

Ons voorvaders had dit so ontvang sonder vrouestem- 
reg, en het dit aan ons toevertrou sonder vrouestemreg. 
Ek beskou diegene wat tengunste van vrouestemreg is in 
ons kerk, as geen egte Hervormers nie, want hul is letter- 
lik afgedwaal van die ou tradiesie van ons vlugtende voor- 
ouers. 

Waarde Heer, ek verbaas my om `n beskrwyingspunt 
te sien van ring van Potchefstroom, ons oudste gemeente 
grootvader een van die stigters, die eerste belofte gedoen 
het en daar die fondament (skoon en onbevlek) neergelê 
in Suidafrika, die plek waar ons voorouers en self my 
is vir die nageslag om verder op te bou. 

Is dit dan nie ons Heilige plig om verder op dieselfde 
fondament voort te bou nie, en skoon te hou vir die verre 
nageslag ? 

Hoog Eerwaarde Leraars en Broeder Kerkraadslede, 
ek maak 'n ernstige beroep op u om toe te sien dat die 
nuwigheid van vrouestemreg nie sal toegelaat word in 
ons nog skone en suiwere Ned. Hervormde Kerk, want 
broeders, u is die wagters op Sions mure, 




















15 Mei 1931. 





Volgens Gods Woord 1 Corinte 14: 34 en 85 sal ons 
moet waak, en broeders, sal u die vrymoedigheid neem om 
genoemde teks te verkrag. 
Dus waak en bid vir die verleiding. 
Dankie vir opname, 
G. Labuschagne. 


Patriotsfontein, oor Vereeniging, 
20 April 1931. 
Eerwaarde Redakteur van ,Die Hervormer”, 

Vergun my 'n klein plekkie in u geërde blad, omtrent 
die vrouestemreg. , 

Ek was baie teleurgestel toe ek al die skrywe sien 
oor hierdie saak, maar nog groter was my teleurstelling, 
toe ek sien dat hierdie saak werklik na die Algemene 
Vergadering gestuur word. Geagte Redakteur, waarvoor 
moet die saak op ons lidmate afgepers word, waarvoor 
hulle nie gevra het nie. En is dit nou van so veel voor- 
deel van ons kerk? Dink u nie dat ons meer kwaad gaan 
doen met die saak nie. Nee, geagte Redaktur, ek reken, 
ons moet versigtig wees dat ons nie baie van ons lede 
gaan seermaak nie. Ons moet ook oppas dat ons nie van 
die tradiesies van ons voorouers gaan afwyk nie, dat ons 
nie ons Bybel gaan verwater nie. As ons dit doen, kan 
ons maar stil bly van te praat van `n nageslag van die 
Geuse Hugenote, en Voortrekkers. En dan is dit ook ver- 
by met ons geliefde Hervormde Kerk. Ek hoop die afge- 
vaardigdes na die Algemene Vergadering sal baie ver- 
sigtig wees oor hierdie saak. Baie dankie vir opname. 

W. L. Pretorius. 


Droebult, 138 April 1931. 

Hooggeagte Redakteur, 

Dit het hier pragtig mooi gereën. Ons skape is taam- 
lik mooi, maar ons mielies is nie van die beste nie. 

Ouderling H. C. Pretorius sê in `n brief van hom in 
“Die Hervormer” van 1 April: ,Klaas is seker nie 'n 
regte Hervormer nie”. Klaas is in die Hervormde Kerk 
gedoop, aangeneem en getroud, sy vrou Doortjie ook. Sy 
kinders is almal in die Hervormde Kerk gedoop en die 
helfte is in die Hervormde Kerk” aangeneem en die ander 


helfte sal Oktobermaand ook in die Hervormde Kerk aan-. 


geneem word. Daarom meen Klaas hy is `n egte Her- 
vormer. Nee, dit maak nie saak nie, al dink ons nie almal 
€enedrs nie, ons kan daarom almal regte Hervormers 
wees. ËEk wil ook nie agter voormanne weg kruip nie, 
maar ek is nie so slim in die bybel nie, ek wil maar net 
hé, die Professore en Predikante moet sê wanneer ons teen 
die bybel gaan. Verder wil ek die volle verantwoordelik- 
heid vir my opienie dra. ËEk is ook nie slim met die wet 
nie, maar Domine sê ons kan net nie meer as drie kerk- 
raadslede na die Algemene Vergadering stuur nie, daar 
is nie juis 'n vaste getal nie. Ek is nog vir vrouestemreg. 
Die tyd sal kom, dis nou nog miskien nie die regte tyd nie. 
Ek is ook nog vir besuinig in die swaar tyd wat ons 
het. Sommige mense meen die baie kerkraad moet na die 
vergaderinge gaan om toe te sien dat die predikante nie 
verkeerde dinge doen nie. ËEk dink die predikante het die 
kerk net so lief as die kerkraad. Laat ons besuinig deur 
minder kerkrade te stuur, deur kleiner kommissies aan 
te stel, deur die sieketrooster op Johannesburg af te skaf. 
Daar is flukse predikante wat die werk self sal doen, en 
laat ons tog probeer om ons kerkskuld minder te maak. 
Die tyd kom dat ons sal moet hard veg en dan is ons 


DIE HERVORMER. 301 


kerk belas met 'n sware skuld. Ek het gehoor dat hierdie 
jaar 6000 kleurlingkinders skool toe gekom het in die 
Kaap teenoor 3000 blanke. As dit so is spreek hier die 
syfers boekdele vol. Daarom stuur Klaas ook maar al 
sy kinders skool toe, hier is nie eers een wat kan tou lei 
of kalvers uitjaag nie, ek pas maar self ramme en kalvers 
op en Doortjie dra maar self water. Ek wil ook vra of 
daar nie in ons ,Hervormer” ook sulke vervolgstukke kan 
geplaas word nie soos bv. ,Andermaal ver oor die see” 
van die ,Huisgenoot”. Ek dink dan sal die blad beter 
gelees en beter betaal word. 

Br. Nortje sê ons is die rykste land van die wêreld. 
Dit gee ek graag toe. Maar ons kerk is nie die rykste 
nie. Dit kom omdat die voortrekkers Hervormers was en 
terwyl hulle hier moes rondswerf en sukkel en veg het die 
mense in die kolonie stil en rustig gesit en hulle kinders 
laat leer met die gevolg dat al die dokters, advokate, 
prokureurs en skoolmeesters op 'n paar uitsonderinge 
aan die Verenigde Kerk behoort, of die Kerk van 
die Kaap sal ek maar sê. Die diamante en goudmyne 
behoort aan uitlanders, dus bly maar net die boer oor vir 
die Hervormde Kerk wat kort kort deur oorloë ens uit- 
geroei en verarm is, en ons weet maar al te goed dat 
boerdery maar nie werklik ryk mense oplewer nie. Daar- 
om is ons kerk arm en moet ons in die swaar tyd besuinig 
so hard as ons kan, al is dit soms teen die wet. Ons ver- 
ander die wet tog altyd en dit is ook volgens bybel. 

Klaas sal nou maar op hou met die brief en wil die 
broeders wat met hom saam voel hartelik bedank waar 
hulle hom verdedig en self wil hy ook die ander broeders 
bedank vir hull kritiek, laat ons net besadig wees, dis al. 

Met groete, 
Klaas. 


Posbus 84, Brits, 
18de April 1931, 
Die Editeur van ,Die Hervormer”, 
Eerwaarde Heer, 

Ek is van plan om hier 'n saak aan te roer wat sover 
ek weet nog altyd verswyg was. Dat die finansiële toe- 
stand van ons kerk veel te wense oorlaat sal nie ontken 
word nie. Onwillekeurig kom die vraag op of daar nie 
moontlike uitweë is om die toestand te red nie? My bc- 
skouing oor die saak is dat daar wel verskeie redmiddels 
is, en ek is van plan om hier een daarvan te behandel. 
Volgende maand sal ek ander punte van besuiniging aan- 
roer. 

Enigeen weet dat amptenare in diens van die Staat 
vaste salarisse trek. As so'n amptenaar van een plek na 
'n ander gestuur word vir een of ander spesiale diens, dan 
kry hy nie ekstra betaling daarvoor nie, maar alleen reis- 
onkoste. Daar is geen uitsondering op hierdie reël nie 

Wat is die posiesie in die Hervormde Kerk? `'n Pre- 
dikant se salaris is b.v. £500 per jaar. Dan kry hy nog 
'n vry huis wat in byna alle gevalle gereken kan word teen 
£10 per maand; boonop is hy konsulent van drie of meer 
gemeentes, wat hom 'n ander £120 per jaar beteken. Dus 
werk so'n predikant se salaris uit op #740 per jaar, plus 
nog die vrye gebruik van die gemeentekar vir privaat 
doeleindes. 

Vir geen oomblik wil ek hé dat ons predikante verniet 
moet werk, of te min betaal word nie, maar myns insiens 
is dit nie nodig dat 'n predikant die geld van die konsu- 
lentgemeentes moet Kry nie. Die geld behoor aan sy ge- 


302 DIE HERVORMER. 





meente, want dit is die gemeente wat hom leen aan die 
ander gemeente. 'n Predikant is daar om te arbei vir die 
kerk as 'n liggaam, en as hy vergoed word vir al sy on- 
koste met sulke buitengewone dienste, sien ek nie waarom 
hy nog ekstra daarvoor betaal word nie. Op hierdie wyse 
sal gemeentes wat staande predikante het baie kan be- 
spaar, en daardeur hulle in 'n beter posiesie stel om hulle 
ander skulde aan te suiwer. As 'n predikant se onkoste 
betaal word dan verloor hy tog niks. 

Ek verwag 'n heftige aanval op hierdie saak, maar ek 
is bereid daarvoor, en sal maar al te bly wees as hierdie 
saak in lewe gebring kan word, en hoop dat, D.V., met die 
Algemene Kerkvergadering wat gehou sal word in 1934, 
dit een van die- vernaamste beskrywingspunte sal wees om 
behandel te word. Wie van ons leraars is bereid om my 
in hierdie saak te ondersteun? — 


Dankie vir opname. 


R. J. v. d. Bergh. 


EE EN BE EE AA SE AE 


LOSIESHUISE. 


Central Private Hotel, 221 Schoemanstraat, 8/6 enkel 
kamer, 17/- dubbel kamer per dag. 

Per vergissing is in die voorafgaande nommers die 
losiespryse fout aangekondig. 








DOODSBERIG. 


'n Donker wolk van droefheid het oor ons ge- 
kom op 11 April 1931 toe ons verlaas moes afskeid 
neem van ons dierbare eggenoot en geliefde vader 


MATTHYS MICHIEL JOHANNES BASSON 


in die ouderdom van 50 jaar 1 maand 16 dae na 'n 
lyding van sewe jaar aan kanker waarvan die laaste 
jaar en ses maande baie smartlik was. Ons gun 
hom die rus maar sy afwesigheid as ons troue leier 
en raadgewer word diep gevoel. Hy het sy kerk ge- 
trou gedien, agt jaar as diaken en die volgende vyf- 
tien jaar as ouderling. 


Hoe pynlik is die wond, O Heer! 

Ons sien sy graf maar hom nie meer. 
Sy plek is leeg, sy stem is stil. 

Ons swyg, O Heer! dit was u wil. 


Sy treurende eggenote en kinders: 

]. M. Z. Basson. (geb. Erasmus). 
Margaretha. 
Matthys. 
Lodewikus. 
Catharina. 
Wynand. 
Johanna. 
Petrus. 

Klippan, P.K. Bewley. 


15 Mei 1931. 





VERBORGE OPSTAND. 


Ons hoor dikwels die uitdrukking, wanneer 
iemand gevra word, hoe dit gaan: ,Kla help nie.” 
Dis nie 'n mooi gesegde daardie nie en dit pas, hoe 
onskuldig dit ook al mag lyk, allermins in die mond 
van die gelowige. Eintlik kom daardie gesegde hierop 
neer: ,,Kla help nie; as dit sou help, sou ek kla; ek 
het m.a.w. stof om te kla.” (Ons voel, dis 'n onbe- 
taamlike, sondige uitdrukking in die mond van 'n ge- 
lowige kind van God. Daardie uitdrukking sou al- 
leen pas in die mond van 'n mens, wat 'n weerlose 
speelbal is van `n onverbidlike noodlot. ,,Kla help 
nie” — met hierdie woorde kla die persoon, wat dit 
gebruik, daar alreeds! Die uitdrukking is immers 
op homself al 'n klag. ,,Kla help nie” — dis die uit- 
roep van iemand, wat hom magteloos en weerloos 
voel teenoor `n hoër mag, waaraan hy hom noodge- 
dronge moet onderwerp. ,,Kla help nie” — dis in die 
grond van die saak verborge opstand. Laat hierdie 
taal tog nie van u lippe vloei nie! Dit lyk onskuldig, 
maar dit is per slot van rekening nie onskuldig nie. 
Dis nie die taal, wat die wêreldling uit die mond van 
die gelowige moet hoor nie. Val dit ten slotte ook 
nie onder die ,,ydele woorde” wat die mense praat en 
waarvan hulle rekenskap moet gee in die oordeels- 
dag nie? Daniël F. Erasmus. 


DOODSBERIG. 


“Sag in haar Heer ontslape op 20 April. 1931 aan 
die gevreesde water, na 'n smartelike lyding van 7 
maande ons teer geliefde eggenoot en moeder, 


GERBREG MARIA BOTHA (GEB. GROBLER) 


in die ouderdom, van 65 jaar 11 maande en 20 dae. 
Ons is diep bedroef maar treur nie as diegene wat 
geen hoop het, ons hoop op `n salige wêersiens. 


Hoe mis ons u nie, liefste moeder, 

U gebede as 'n sorgsaam hoeder, 

Dit laat ons huis in die stryd alleen 

En voer ons verlange naar moeder alleen. 
O, moeder! die naam so teer en soet, 
Verhewe. ver bo aardse goed. 

Die graf verkondig ons die droew'ge leer, 
Ons het op aard geen moeder meer. 


Die bedroefde eggenoot en kinders en 
kleinkinders. 
]. C. Botha. 
R.]. en H. M. Laubscher 
(geb. Botha). 
Valleispruit-Dullstroom: